Ons dink: 3/5

Dit is al 11 jaar sedert Mary Mary met die aansteeklike Shackles (Praise You) naam gemaak het.

Die R&B/gospelgroep se sesde uitreiking spog met inspirerende snitte en ook dansritmes en wysies wat by jou vasteek – ’n duidelike teken dat die susters nou ’n jonger gehoor in die visier het.

Dis steeds die luister werd as jy vars, minder tradisionele gospel soek.