Sit terug en raak weg in die soet klanke van ou gunstelinge soos Gee Haar ’n Roos, Blouberg Se Strand, From a Distance en Beauty and the Beast.

Die vertolking van Vyfster, die kenwysie van die ou TV-reeks, is besielend.

Druk dit in die speler in spitsverkeer en weer die padwoede af. Of luister dit Sondagmiddag ná ete.

Salig.

Volg Huisgenoot op Twitter.

Luister gerus hier na 'n alternatiewe panfluit-weergawe van From A Distance.