Ons dink: 4/5

Jan Blohm is ons eie Tom Waits, want die luisteraar word oorgelaat aan interpretasie, asof hy aspris nie wil he^ jy moet altyd presies hoor wat hy sing nie.

Blohm se kragtige musiek en lirieke spreek vanself. Ruby is uniek, maar daar is tog iets van ’n Tom Waits, Leonard Cohen, Bob Dylan, Koos du Plessis en Nirvana, met kitaarspel soos Jimi Hendrix, vermeng met Jan se eie, outentieke briljantheid.