Ons dink: 4/5

Wanneer jy luister na Tussen die Lyne, Helenè Bester se vyfde album, vind jy ’n verfrissende versagting en verdieping in haar musiek. Dit is meer kommersieel as haar vorige albums, maar daar is ’n aangename, volwasse beheersdheid in haar stem. Haar nuwe album is vernuwend en gaan lê soos fluweelroosblare op jou oor-palet. Veral haar vertolking van Iemand om Lief te Hê, Lucky, Ek Sal Jou Liefhê en Jy Hou My Hoog gaan nog lank ’n aangename nasmaak hê.

– JORGAN HARRIS