Die brandstofprys kan teen die einde van die maand met 26c per liter styg, het die Outomobiel-assosiasie (AA) Dinsdag gesê.

“Daar is sedert begin Julie ’n stadig maar bestendige opswaai in die wisselkoers tussen die rand en die dollar,” het hulle in ’n verklaring gesê.

“In dieselfde tydperk het internasionale petroleumpryse se hoogtepunte in middel Junie gedaal, maar nie genoeg om die onderverhaling in die petrolprys te verreken nie.”

Die brandstofprys het vroeër vandeesmaand met 29c gestyg.

Die dieselprys se vooruitsigte lyk beter. Huidige data voorspel ’n effense styging van sowat 3c per liter, het die AA gesê.

“As internasionale petroleumpryse steeds afwaarts neig, gaan die wisselkoers die hooffaktor wees.”

Die organisasie het gesê spoedige oplossings vir huidige arbeidsgeskille is belangrik omdat dit die brandstofprys negatief kan beïnvloed.

- Sapa