Bereiding: 5 minute

Gaarmaaktyd: 45 minute

Genoeg vir 6 mense

30 ml (2 e) meel

500 g stowelam

45 ml (3 e) olyfolie

1 groot ui, fyn gekap

2 knoffelhuisies, fyn gekap

1 groen brandrissie, fyn gekap

2 tamaties, grof gekap

3 pypkanele

3 kardamomsade

5 ml (1 t) fyn koljander

5 ml (1 t) fyn komyn

10 ml (2 t) kerriepoeier

5 ml (1 t) fyn borrie

5 ml (1 t) sout en peper

250 ml (1 k) hoenderaftreksel

410 g (1 blik) botterbone, gedreineer

’n handvol gekapte koljander

Sit die meel in ’n bak en bestrooi die lamstukke tot almal met meel bedek is.

Verhit die olie in ’n pot op mediumhitte en verbruin die vleis in klompe.

Wanneer al die vleis aan albei kante bruin is, sit dit eenkant.

Sit die ui, knoffel en brandrissie in dieselfde pot en soteer 2 minute of tot die uie deurskynend is.

Voeg die tamaties, pypkaneel, kardamom en al die fyn speserye by en roer tot goed gemeng.

Sit die vleis in die pot terug en voeg die aftreksel by.

Verlaag die hitte en laat prut 35 minute of tot die lam sag is.

Voeg die botterbone en koljander by en laat prut 5 minute tot warm.

Sit met rys voor.