Die 20-jarige ster van X-Men: Days of Future Past het onder meer gesels oor sy loopbaan en hoe dit was om met Miley Cyrus en die Jonas Brothers te toer.

Oor met watter strokieskarakter hy mee wil uitgaan: “Goeie vraag! Dalk Mystique, want sy kan lyk soos jy wil hê sy moet lyk.”

Oor sy ervaring op toer saam met Miley en die JoBros: “Ongelooflik. Om op 13 voor daardie skares op te tree, was ongelooflik.”

Sy suksesresep: “Familie, goeie vriende en dit help dat my pa my bestuurder is. Ons bespreek elke besluit en bly gefokus.”

Oor sy rolmodel: “Wat toneelspel betref, is dit beslis Heath Ledger.”

Bron: justjaredjr.com