Die agtste seisoen van Boer Soek ’n Vrou skop af op 1 Oktober 2015 om 20:30 op kykNET.

Dié werklikheidsreeks, wat ook internasionale sukses geniet, volg hubare boere in hul soektog na liefde.

Die tien boere van regoor Suid-Afrika is in Mei bekendgestel en die briewe van hoopvolle kandidate het ingestroom.

Vanaf 1 Oktober kan kykers saam met die aanbieder Nadia Beukes reis soos wat sy die briewe in onder meer Hopetown, Pongola en Worcester aflaai. Die vyf boere met die meeste briewe sal dan gevolg kan word op hul eerste ontmoetings, afsprake, uitdagings en kuiers op die plase.

Watter boer gaan liefde met die eerste oogopslag vind en watter pot gaan ’n deksel kry? Op 1 Oktober om 20:30 begin die soektog vir liefde weer op kanaal 144!