Ons bekroonde kosredakteur Carmen Niehaus is reeds vanaf 1989 aan't kook en innoveer in ons toetskombuis.

Dié formidibale koskenner en -maker het al verskeie toekennings vir haar werk ontvang en ook reeds meer as 25 resepteboeke gepubliseer.

Niemand ken kos soos Carmen nie en dan is sy ook ’n bekwame huiskok. Vir die eerste keer versamel sy al haar gunsteling resepte in een boek Carmen Niehaus - Beste Resepte. Dit bevat van die Wortel-en- beetkoek wat sy vir die TV-program Koekedoor gebak het en Banoffee-tert, tot haar heerlikste Bobotie en Banting-lasagne. Met meer as 100 resepte, verskeie variasies en etlike wenke is die boek voorwaar ’n treffer.

As jy gou spring, kan jy boonop vir Carmen ontmoet, 'n glasie Leopord's Leap geniet  en van die heerlikke disse uit  haar splinternuwe resepteboek proe. Onthou, daar is net plek vir 80 gaste!

Wanneer en waar?

Datum: 25 November 2015

Waar: The Private Hotel School

33 Stellenbosch

Vlottenburg Road

Vlottenburg 7604 +27 (0)21 881 3792 http://www.privatehotelschool.co.za/contact-us.php Koste Dit is 'n gratis geleentheid, sorg net dat julle daar kom! RSVP nie later nie as 20 November 2015 deur 'n e-pos aan Clare.Williams@nb.co.zate stuur