Body Worlds Vital-uitstalling: Een gelukkige leser kan vir hul hele klas* kaartjies wen ter waarde van R3 500! En dis nie al nie: Vier gesinskaartjies* ter waarde van R600 is ook op die spel. Wil jy graag hiervoor inskryf? Kry dan die jongste uitgawe van Huisgenoot en gaan loer op die kinderspeletjieblad vir nog inligting. * Besonderhede in die 4 Augustus-uitgawe van Huisgenoot. Bepalings en voorwaardes

EERSTE PRYS: Een wenner wen kaartjies (oudiogidse ingesluit) vir hul hele klas (tot 33 kinders en twee onderwysers) ter waarde van R3 500.

TROOSPRYS: Vier wenners wen elk ’n gesinskaartjie (twee volwassenes en twee kinders of een volwassene en drie kinders) en vier oudiogidse. Die pryse is altesaam R2 400 werd.

Die skoolprys kan vir enige skooldag tydens die duur van die uitstalling bespreek word. Die aanbod is onderworpe aan beskikbaarheid en geld tot 30 September 2016.

Besprekings moet minstens twee weke vooruit gedoen word.

Die troosprys is tot 30 September elke dag van die week geldig, openbare vakansiedae uitgesluit. Sodra kaartjies bespreek is, geld dit net vir die gespesifiseerde datum en tyd.

Dit kan nie opgegradeer, vir kontant geruil of vir ’n ander datum bespreek word nie. Pryswenners moet ’n datum en tyd van hul keuse aandui (elke halfuur tussen 10:00 en 18:00) sodat ’n bespreking, onderworpe aan beskikbaarheid, gemaak kan word.

Maak vir twee werkdae voorsiening om kennis te ontvang van besprekings vir die troosprys. Die troospryswenner sal ’n brief ontvang wat die prys bevestig. Die brief moet uitgedruk en met aankoms getoon word aan personeel by die kaartjiekantoor, sowat 30 minute voor die bespreekte tyd.

Mense wat nie opdaag nie, se kaartjie sal nie vervang word nie. Die prys sluit nie vervoer na die uitstalling in nie. Met deelname aan hierdie kompetisie stem die deelnemer tot die bepalings en voorwaardes in.