• Hy het van kleins af geweet hy wil ’n akteur word. “Toe ek drie was, het ek eendag TV gekyk en op my ma begin skree omdat ek ’n kind in ’n advertensie gesien het. Ek het vir haar gesê ek wil daai kind wees.”
  • In sy vrye tyd speel hy dromme, doen skermkuns, skaats, hou sy lyf platejoggie (onder die naam DJ Blaze) en redigeer flieks.
  • Is hy soos Tyler? “Ons is nogal dieselfde. Hy is ’n ontspanne, koel ou wat doen wat hy wil; dis amper nes ek (lag).”
  • Blake (17) is ook ’n uitstekende swemmer met ’n paar rekords agter sy naam.
  • Wie wil hy baie graag ontmoet? Jim Carrey! “Hy is ongelooflik, talentvol, aweregs en snaaks!”
  • Op 12 was hy een van die jongste mense wat in ’n vennootskap met YouTube gegaan het vir komiese en towerkunsverwante video’s.
  • Sy ideale Halloween-uitrusting? “Ek wou nog altyd soos Aladdin aantrek!” Met daardie perfekte glimlag en haredos sal dit hom goed pas . . .

Volg hom op Twitter: @BlakeMichael14

  • Kyk Saterdae om 08:45 na Dog with a Blog op Disney Channel (DStv-kanaal 303).

BRONNE: justjared.com, Twitter, disneyslemonademouth.wikia.com, imdb, clevvertv, youtube