Die karikature is ’n groot treffer. Jy kan verskeie scenario’s beskryf of deel hoe jy voel deur geïllustreerde inskrywings soos dié te skep:

bitstrips1

Jy kan ook snaakse situasies saam met vriende uitbeeld.

bitstrips2

Dié prettige kommunikasie het ook al ’n paar mense geïrriteer. Veral as jy ’n vriend of vriendin het wat dit ’n bietjie te ver voer . . .

So kan jy Bitstrip-uitnodigings van vriende verwyder:

  • Gaan na “Rekeningverstellings” aan die boonste regterhoek van jou Facebook-blad.
  • Kies Privaatheidsverstellings” onder die tuimelkieslys
  • Kies dan “Versper” aan die linkerkant
  • Rol af na “Verberg apps” en tik in “Bitstrips”. Die app sal verskyn terwyl jy tik. Dis so maklik soos dit.

So kan jy Bitstrips van jou Facebook-nuusvoer verwyder:

  • Wanneer iemand hul Bitstrips publiseer, klik op die pyltjie in die boonste regterhoek van die prentjie, en kies “Verberg alles van Bitstrips”. En siedaar!

-Faiza Mallick