Sewe kreatiewe gebruike vir Cerebos-sout – onder meer een waarmee jy ’n Mediterreense vaart van R70 000 kan wen!

Ons weet sout, in matigheid, is ’n belangrike deel van ’n gesonde dieet en ongelooflik nuttig wanneer jy kook. Maar hoeveel van hierdie kreatiewer, alternatiewe gebruike van sout het jy al op die proef gestel?

1.    Vars blomme

’n Knippie sout gevoeg by water in ’n vaas sal snyblomme langer vars hou.

2.    Streel bysteke

Maak ’n dik pasta van Cerebos-sout en water en plaas oor die steekplek om pyn te verlig.

3.    Drupvrye kerse

Week nuwe kerse ’n paar uur in ’n sterk soutoplossing en droog dit dan goed af. Die kerse sal nie drup wanneer dit brand nie.

4.    Vernuwe jou besems

Om die hare van ’n ou of nuwe besem te verstyf, voeg ’n hand vol sout in ’n wasbak warm water en week oornag.

5.    Blus olievure

Hou ’n groot houer Cerebos byderhand by jou stoof en oond. As ’n olievuur opvlam, bedek die vlamme met sout.

6.    Maak speeldeeg

Jy sal 2 k meel, 1 k sout, 1 k kookwater, 2 e kookolie en koskleursel nodig hê. Knie saam tot dit soos brooddeeg lyk. Hou dit in ’n lugdigte houer in die yskas.

7.    RAAK KREATIEF MET CEREBOS-SOUT & WEN!

Cerebos word 70 en ter viering daarvan gee hulle ’n weelderige Mediterreense vaart vir twee ter waarde van R70 000 weg. Vir ’n kans om te wen, gebruik Cerebos-sout om ’n boodskap te skep ter viering van hul 70ste verjaardag. Neem dan ’n foto van jou meesterstuk en plaas dit op Cerebos SA se Facebook-blad  (facebook.com/see.how.it.runs).