Die video, getiteld Fast & Furious Nerd Shocks Instructors, wys hoe die professionele bestuurder Leona Chin kamma as senuweeagtige leerlingbestuurder in ’n motor wat opgewoema is klim.

Die video, wat deur Maxman.TV vervaardig is, wys hoe drie verskillende instrukteurs reageer wanneer sy sukkel om die motor aan die gang te kry.

Wanneer sy dan gevra word om vinnig te ry, laat waai Leona met ’n spul gewaagde toertjies. In die video kan gesien word hoe bestuurinstrukteurs vir ‘n vale klou terwyl die notaboeke deur die lug vlieg. Een instrukteur is sigbaar ontsteld en voor hy uit die motor klim, skree hy op haar: “Jy’t my amper doodgemaak!”

Die video het meer as 20 miljoen trefslae op YouTube en is die gewilde video onder Suid-Afrika gebruikers sedert dit op 24 Maart opgelaai is.

Kyk hier na die video: