Die eienaar van ’n wit Maserati wat verlate langs ’n gebou op die Hiddingh-kampus van die Universiteit van Kaapstad op sy sy gelê het, het Maandag sy motor kom haal berig Netwerk24.

Volgens News24 het die motor Sondag om 02:15 op ’n draai in Oranjestraat in Tuine die pad verlaat, deur ’n heining gebars en op sy sy teen ’n muur op die kampus beland.

Die eienaar was glo Maandagmiddag op die kampus om die motor te laat wegsleep.

Dit blyk dat die persoon wat agter die stuur was, het beheer oor die voertuig verloor en deur die heining gery.

Personeellede van die universiteit het gesien hoe die motor teen ’n hoë snelheid om die draai kom, die pad verlaat en deur die heining bars.

Die motor se ruite is gebreek en die enjinkap beskadig. Die insittendes het glo weggehardloop en het die motor net daar gelos.

’n Maserati GranTurismo, soos dié een, ongeveer R2,2 miljoen.

Bronne: News24, Netwerk24, YouTube