Kom luister hoe gesels Marita van der Vyver met ons boekeredakteur, Elna van der Merwe, tydens albei Skouspel-naweke (besprekings op bladsy 70) en in die week tussenin in Bloemfontein (9 Oktober) en op Stellenbosch (11 Oktober).

Tydens Skouspel is dit kuiers oor ontbyt en tydens die Boekkuiers in Bloemfontein en op Stellenbosch word ’n aandbuffet aangebied. ’n Kontantkroeg sal beskikbaar wees. Kaartjies kos R180 per persoon.

Bespreek so vir laasgenoemde twee: Klik hier of bel Janci Prinsloo by janci.prinsloo@media24.com of 021-406-4574.