LIEFSTE KAYLA-KOMPETISIE

Video-kompetisie

Die Liefste Kayla¬-musiekvideokompetisie is ’n talentwedstryd waarin deelnemers tussen drie en 18 jaar hul eie musiekvideo maak deur een van die liedjies uit die kykNET-program Liefste Kayla of hul eie oorspronklike liedjie uit te voer.

’n Lys liedjies is beskikbaar op die Liefste Kayla-blog (www.liefstekayla.co.za), Huisgenoot se webtuiste en sosiale netwerke. Agtergrondmusiek kan teen ’n tarief afgelaai word, of ’n mens kan die agtergrondmusiek op die Liefste Kayla-CD vind. Lirieke is beskikbaar op Huisgenoot se webtuiste en die Liefste Kayla-blog.

Deelnemers kan hul eie musiekvideo maak deur saam met ’n Liefste Kayla-agtergrondwysie te sing, hul eie oorspronklike liedjie te sing of hul unieke interpretasie van een van Kayla se liedjies (akoesties, selfbegelei, ens.) uit te voer.

Groepe van vier of minder mense kan ook deelneem, maar net een persoon kan uiteindelik die prys wen. Verblyf en vlugte vir die wenner en een ouer of voog word verskaf.

Inskrywings open op 12 Februarie 2013 om 20:00 en sluit op 9 April 2013.

’n Paneel beoordelaars van Huisgenoot en Mozi Records sal elke week hul gunsteling-video van die week kies, wat op die program Jukebox (kykNET) uitgesaai sal word. Dit gespeelde video sal nie noodwendig ’n finalis wees nie.

Teen die einde van die kompetisie sal ’n paneel beoordelaars die vyf beste video’s kies wat op 14 April 2013 op Jukebox aangekondig sal word. Elke video sal ’n unieke SMS-kode hê en kykers kan dan vir hul gunstelinge stem. Die wenner is die persoon wie se musiekvideo die meeste stemme kry. Die wenner sal op 21 April 2013 op Jukebox aangekondig word.

Bepalings & voorwaardes

1. Werknemers en hul gesinne van Huisgenoot, kykNET, Mozi Records en Collective Dream Studios (Edms.) Bpk. (‘CDS’) mag nie deelneem nie.

2. Elke inskrywing moet deur die deelnemer se wettige voog(de) onderteken word om geldig te wees.

3. Alle intellektuele eiendomsreg van watter aard ook al (insluitend morele regte) op of wat voortspruit uit die video’s wat deur die deelnemers ingeskryf word, in watter media ook al – hetsy tans bekend of wat nog ontdek moet word – behoort tot in aller ewigheid en regdeur die heelal aan CDS, hul geaffilieerdes, lisensiehouers, opvolgers en gevolmagtigdes en sal insluit die gebruik van die videomateriaal of fotografiese beelde wat van die deelnemer(s) geneem is en verband hou met die produksie en verspreiding van die video-inskrywing. CDS mag die materiaal op enige manier wysig en saam met enige ander materiaal gebruik. Hierdie toekenning van regte sluit in die reg om die beeld-, stem- en instrumentele, musikale of ander klankeffekte deur die deelnemer(s) soos vervat in die materiaal of andersins te gebruik. Die video-materiaal mag sonder enige betaling of tantième aan die deelnemer(s) of enige ander persoon in die heelal uitgesaai word.

4. Huisgenoot/CDS/kykNET/Mozi is onder geen verpligting om die materiaal wat ingeskryf is, te gebruik nie en het die alleenreg om die paneel beoordelaars te kies.

5. Die beoordelaars se besluit is finaal wat betref die keuring van die vyf finaliste van die kompetisie sowel as die bepaling van die publiek se stemme en die finale wenner. Geen appèlle of navrae oor die finale besluit sal aanvaar word nie.

6. Deelnemers onderneem om nie inbreuk te maak op enige kopiereg of ander intellektuele eiendomsreg in hul video (behalwe soos toegelaat ingevolge die kompetisie) nie, en die wettige voogde van die deelnemers stem met hul handtekening in om die kompetisie-organiseerders te vrywaar teen enige eise wat uit enige oortreding kan spruit.

7. Die prys is ’n musiekvideo wat deur Collective Dream Studios vervaardig sal word, ’n rol in die tweede seisoen van Liefste Kayla en ’n Liefste Kayla-geskenkpak wat bestaan uit ’n Liefste Kayla-CD, Liefste Kayla-plakkate en Liefste Kayla-miniluidsprekers ter waarde van R100 000. Die wenner moet die pryse gebruik op ’n tyd en datum wat deur Collective Dream Studios bepaal sal word.

8. Die finaliste en wenner stem in tot ’n onderhoud op TV en in enige ander media, insluitend Huisgenoot, en om deel te neem aan enige publisiteitsveldtog, om afgeneem te word en dat hul foto’s in alle media gebruik mag word sonder vergoeding van enige aard.

9. Inskrywings moet wees in een van die formate wat op die Liefste Kayla-blog aangedui word. Laai dit op die Huisgenoot-webtuiste op, stuur as ’n aanhegsel in ’n e-pos na liefstekayla@huisgenoot.com, pos ’n CD of DVD van die video na Liefste Kayla Musiekvideo-kompetisie, Huisgenoot, Media24, Posbus 1802, Kaapstad 8000 (Huisgenoot), of stuur ’n YouTube-URL van die video-inskrywing na liefstekayla@huisgenoot.com.

10. Die inskrywingsdatum vir die kompetisie mag nie later as 9 April 2013 of vroeër as 12 Februarie 2013 wees nie.

11. Huisgenoot is die media-vennoot en aanvaar geen verantwoordelikheid vir die ooreenkoms tussen die wenner en/of kykNET en/of Mozi Records en/of Collective Dream Studios (Pty) Ltd (‘CDS’) nie.