Vanaf 6 Oktober 2014 sal kykNET kykers by vyf splinternuwe laataand-programme kan inskakel.

kyknet-main
Dié programme sal fokus up politiek, sake, kultuur, kuns en satire en sal deur ‘n verskeidenheid kenners en vermaaklikheidspersoonlikhede aangebied word.
  • Maandae -kykNET se laataand aktuele kykgenot skop Maandae af met Insig – aangebied deur Waldimar Pelser, redakteur van Rapport. Met Insig sal Pelser en sy gaste indiepte gesprekke voer rondom nuusgebeure en Suid-Afrikaanse politiek.
  • DinsdaeWinslyn op Dinsdae sal onderwerpe verwant aan die sakewêreld, nywerhede, tegnologie en entrepreneurskap aanpak. Die program word aangebied deur Santie Botha, kansellier van die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit en een van Suid-Afrika se toonaangewende sakevroue, en Divan Botha, ‘n suksesvolle jong entrepreneur. Die program fokus op die plaaslike en internasionale ekonomie ten einde kritiese insae te verleen aan die hand van uitgesoekte ateljeegaste.
  • WoensdaeProntuit sal op Woensdae op die kassie wees en sal aangebied word deur nuus- en media staatmaker, Mariëtta Kruger, en TV- en mediavervaardiger, Kabous Meiring. Prontuit lê klem op mense, gemeenskappe, polemieke debat en kulturêle kwessies.
  • DonderdaeKykers met ‘n belangstelling in literatuur, fyn kunste, teater, film, pop kultuur, modes, neigings en sosiale media is in vir ‘n behoorlike bederf met Flits op Donderdae. Flits word aangebied deur die Gauteng-redakteur van Huisgenoot en YOU, Yvonne Beyers, en Sarie se styl- en sosiale redakteur, Fanie Cronjé, en bied ‘n vars en energieke benadering tot onderwepe wat rooi tapyte en sosiale kringe aan’t gons het.
  • VrydaeVrydagNag Laat (VNL) sal die week afsluit met ‘n lighartige kombinasie van satire, gekskeerdery en improvisasie – aangebied deur ‘n span van SA se gunsteling spitstong-komediante Francois Toerien, Melt Sieberhagen, Bouwer Bosch, Jody Abrahams en Shaleen Surtie-Richards. Met ‘n komiese terugblik op die week wat verby is – nuus, gerugte, die Twitterati en meer – is geen onderwerp taboe nie… en sal geen lagspier met rus gelaat word nie!

KLIK HIER vir meer oor kykNET se ander programme en roosteraanpassings vanaf 6 Oktober 2014.