Die uitsaaier het gesê die gewilde televisie-aanbieder is geskors hangende ’n ondersoek, maar het nie meer besonderhede verskaf nie.

Clarkson, wat vantevore ook al in die moeilikheid was oor sy gedrag en aanmerkings wat as aanstootlik en uitlokkend beskou is, het verlede jaar 'n sogenaamd-finale waarskuwing gekry ná 'n herrie oor rassisme.

Clarkson het destyds gesê dat hy 'n rassistiese woord uitgelaat het terwyl hy 'n baie bekende kinderrympie opgesê het tydens die verfilming van 'n motorskou. Hy het later die gehoor om verskoning gevra en toegegee dat “dit klink" asof hy wel die rassistiese woord gebruik het.

Volgens die BBC sal die program nie Sondag uitgesaai word nie.

Argentinië se ambassadeur in Brittanje het in Oktober 'n verskoning van die BBC geëis nadat die Top Gear-span potensieel gewelddadige protesoptogte kon ontketen omdat hulle na bewering verwys het na die land se oorlog in 1982 teen Brittanje oor die omstrede Falkland-eilande. Die span moes uit die land vlug.

Nadat Clarkson en sy mede-aanbieders die Meksikaners in 2011 as lui en swaapagtig getipeer het, het die BBC apologie aangeteken teenoor Mexiko.

- Sapa