• Rolprentgangers is al gek oor haar sedert haar eerste groot rol as die eensame jong India Opal in die trefferfliek Because of Winn Dixie. Sy verskyn ook in Charlie & the Chocolate Factory en vertolk die hoofrol in Soul Surfer.
  • Sy is ’n slimkop. Sy het toelating gekry tot die gesogte Stanford-universiteit in Kalifornië, maar verkies om ’n aktrise te word.
  • Sy sing, asof dit nie genoeg is dat sy ’n suksesvolle filmster is nie. ’n Liedjie wat sy in Bridge to Terabithia sing, het die Billboard Top 100-trefferlys gehaal.
  • Het ons al gesê sy is ’n uitstekende danseres? Sy is opgelei in gimnastiek, jazz, hip-hop, die Ierse riel en breakdancing. Wenk: Moenie saam met haar op ’n dansbaan verskyn nie; dit sal voel asof jy drie linkerbene het.
  • Sy is ’n klereontwerper. Goed, nou weet ons: Hierdie meisie kan alles doen. Sy was in 2005 die gesig van Trad Clothing en het ook vir hulle klere ontwerp.
  • Sy is ’n toegewyde diereliefhebber. Haar hond, Bella, is ’n kruising tussen ’n malteser en ’n poedel. Sy is betrokke by talle liefdadigheidsorganisasies vir diereregte en die omgewing.
  • Sy het belangrike vriende. Een van haar beste vriende is die akteur Josh Hutcherson van The Hunger Games. Sy is ook al gesien in die geselskap van bekendes soos Bella Thorne, Vanessa Hudgens en Paris Hilton.
  • Sy is ’n hartebreker. Hierdie gelukkige meisie het glo al uitgegaan met van die sexyste ouens in Hollywood, soos Colton Haynes en Chris Wood, haar medester in The Carrie Diaries.

- Janine Nel

Bronne: annasophia-robb.org, imdb.com, wetpaint