’n Dag na foto’s van Toyota se nuwe Fortuner op sosiale media uitgelek het, het Toyota amptelike foto’s van dié gewilde ryding vrygestel.[post-slider]

Inligting oor die volgende Fortuner is egter skraps en volgens Toyota sal dit onder meer met splinternuwe 2,4 L en 2,8 L turbodieselenjins beskikbaar wees. Toyota is egter tjoepstil oor die petrolenjins en sê net dat inligting daaroor nader aan die bekendstelling beskikbaar gemaak sal word.