amanda met finn

Hy hou van verspotte uitrustings, selfies en om saam met sy baas te poseer. Hy het op The Late Show With David Letterman gewys hoe hy ’n hamburger op sy kop kan balanseer, en vir foto’s in ’n tydskrif saam met Amanda poseer (met byderwetse wit donkerbrille op). “#homeiswhereyourheartis,” het Seyfried by hierdie onlangse foto van haar en Finn getwiet.