Die sanger en kitaarspeler George Benson se nuwe album, Inspiration: A Tribute to Nat King Cole, sluit weergawes in van klassieke treffers soos  Unforgettable, When I Fall in Love en Straighten Up and Fly Right. George, wat op agt ’n weergawe van Nat King Cole se treffer Mona Lisa opgeneem het, sê die sanger/klavierspeler het hom kleintyd geïnspireer. Dié besonderse opname is ook op die album.