[post-slider]

Ons het bietjie tyd met Mercedes se witwarm A45 AMG spandeer – hier is wat jy van dit moet weet:

  1. Die A45 AMG het ’n 16 klep-viersilinder en sy tweeliter-enjin skop 265 kW uit, met 450 Nm se wringkrag tussen 2 250 en 5 000 r/min.
  2. Dit neem net 4,6 sekondes om by 100 km/h uit te kom.
  3. Die A45 AMG is vierwielaangedrewe en het ’n outomatiese sewegangsportratkas in die vorm van dubbelkoppelaar-Speedshift en AMG-vering.
  4. Die 4Matic-dryfstelsel monitor ’n elektrohidroulies-beheerde koppelaar in die agterste ewenaar voorwielgreep omdat die A45 AMG dáár aangedryf word. Wringkrag kan tot 50:50 tussen die asse verdeel word.
  5. Die A45 AMG weeg bietjie meer as ’n half ton
  6. Hy is tot 320 km/h gemerk, maar enjintoere word tot 6 700 r/min en topspoed tot 250 km/h beperk.
  7. Die elektroniese stabiliteitstelsel kan afgeskakel word of vir sporthantering en die spesiale veerstelsel kos ekstra.
  8. Hy kos R629 900

- Wilmer Muller