Die nuweling rig sy visier op die Toyota Corolla, Kia Cerato en Hyundai Elantra.

Volgens dié Chinese vervaardiger is die C50 ’n topklas-voertuig en een van sy mees gesofistikeerde passasiersvoertuie.

Hier is wat jy kortliks van die C50 moet weet:

  1. Dit het ’n 1,5-liter-turbopetrolenjin wat 93 kW en 188 Nm ontwikkel, terwyl die gemiddelde brandstofverbruik 7,4 L/100 km is. Die topspoed is 185 km/h.
  2. Daar is twee afwerkingsvlakke, Luxury en Elite.
  3. Die C50 is in vyf kleure beskikbaar.
  4. Die bagasieruim beslaan 530 L.
  5. Albei modelle het ’n radio/CD/MP3-klankstelsel met ’n USB-punt, terwyl die Luxury-model beter luidsprekers en kontroles op die stuurwiel het.
  6. Ander standaardkenmerke sluit in kragstuur en elektriese vensters, terwyl die Luxury-model ook spoedbeheer en parkeersensors agter het.
  7. Veiligheidskenmerke sluit onder meer in ABS-remme en dubbele lugsakke.
  8. Die C50 kom met ’n waarborg van vyf jaar of 100 000 km en ’n diensplan van vyf jaar of 60 000 km.

Pryse

  • C50T Luxury R234 999
  • C50T Elite R249 999

gwm-2 gwm-3