Ek het nog nie daardie een groot liefde gehad nie, wat goed is. Ek wil nie hê dit moet in die verlede wees nie – ek wil hê dit moet in die toekoms wees.

Taylor Swift

Hollywood is net soos hoërskool. Die gewilde mense hou net van die ander gewilde mense. En die ding is, party mense is nie gaaf nie, of hulle is gaaf, maar net voor jou, nie elders nie.

Amanda Seyfried

Instinktief is monogamie nie in ons genetiese samestelling nie. Mense kul. Ek het gekul. En weet jy wat? Daar is niks erger as die gevoel van dit doen nie.

Adam Levine 

Die aanhaling waarvan ek die meeste hou, is Jacob se: “Pla dit jou dat ek half kaal is?” Die aanhaling laat my lag. Want, weet jy, dis wanneer hy kaal bolyf is, nie ’n top aan het nie.

Taylor Lautner

Jy is net ’n mens. Jy lewe net een keer en die lewe is wonderlik – so, eet daardie verdomde rooifluweelkolwyntjie!

Emma Stone

Ek weet glad nie of ek baie kompleks is nie. Ek wens ek was. Ek wens ek was een van daardie diep, ingewikkelde mense. Maar eintlik hou ek net van pret hê.

Channing Tatum

Dis ’n bietjie vreemd om te sien aanhangers het foto’s van ons toe ons klein was, want “Waar kry jy daardie foto?”.

Kevin Jonas