En as jy ’n aanhanger van Hugh Grant is, kan jy op die rusbank ontspan en jou verlustig aan daardie boskaas wat hy so deurmekaar krap in nie een nie, maar twee flieks! WAT OM DIE NAWEEK TE KYK

Vrydag 31 Januarie

Copposites SABC3 20:30 Local is superlekker in hierdie skreeusnaakse fliek. Rob van Vuuren en Siv Ngesi is ’n polisieman en misdadiger wat, danksy ’n mengsel wat hul DNA verander, identiteite omruil. Hulle word dan gedwing om saam te werk om uit te pluis om hoe terug te verander.

Saterdag 1 Februarie 

About A Boy

SABC3 19:30

Ag moeder – Hugh Grant en Nicholas Hoult pluk aan die hartsnare in dié roerende fliek oor ’n man wat by enkellopende vroue by ’n steungroep wil vlerksleep. Hy kry meer as waarvoor hy hom ingelaat het waneer hy met een vrou flankeer – haar skattige seuntjie. Sherlock Holmes: A Game Of Shadows M-Net 23:50 As jy ’n naguil is, is dit die fliek vir jou. Robert Downey Jnr en Jude Law is weereens briljant as Holmes en Watson wanneer hulle Moriarty die stryd aansê.  Stephen Fry is uitstekend as Holmes se ouer broer, Mycroft. Sondag 2 Februarie

Did You Hear About The Morgans?

e.tv 14:45

Hugh Grant en Sarah Jessica Parker speel in die oulike komedie oor ’n ryk geskeide paartjie van New York wat ’n moord aanskou. Hulle word saam in ’n getuiebeskermingsprogram geplaas en na die klein dorpie Wyoming gestuur. Arme SJP – daar is nie ’n Manolo Blahnik in sig nie!

Pitch Perfect

M-Net 20:05

Rebel Wilson en Anna Kendrick wys meisies is bobaas in die oulike musiekfliek oor ’n a capella-meisiegroep wat vir groot drama sorg wanneer hulle die seuns aanvat. Sing voort, susters!