See-No-Evil,-Hear-No-Evil-1989 (1) Wat om hierdie naweek te kyk: Vrydag 17 Januarie

The Gods Must Be Crazy 2 SABC3 20:30 As jy soek na ’n goeie manier om te ontspan en die naweek af te skop, skakel in vir dié klassieke storie van die Khoisan Xixo wat sy kinders moet opspoor ná hul in die middel van die woestyn agterop ’n stroper se trok klim. Saterdag 18 Januarie

The Princess Diaries

SABC3 19:30

Die een oomblik is sy nog ’n ongemaklike bleeksiel-tiener en die volgende oomblik is sy die prinses van ’n klein Europese land waarvan niemand nog gehoor het nie. Asof dit nie genoeg is nie, vind sy uit haar ouma is Mary Poppins! Biljant!

Zoom: Academy for Superheroes e.tv 20:00 Genoeg prinsesse vir eers – hier is iets vir die manne. Tim “The Toolman” Taylor is ’n knorrige oud-held wat gehuur word om jong helde op te lei om, wel, helde te word. Hy het ook nie tyd aan sy kant nie – ’n nuwe vyand is op pad… Sondag 19 Januarie

RAM SLAM krieket

SuperSport2 11:45

Die Sunfoil Dolphins en Nashua Mobile Cape Cobras pak mekaar in dié T20-wedstryd wat beloof om vol aksie te wees.

See No Evil, Hear No Evil

e.tv 10:35

Die een is blind, die ander een is doof – saam is Gene Wilder en Richard Pryor skreeusnaaks as twee onsamehangende gekke wat ’n moord sien plaasvind. Dit is ’n klassieke komedie op sy beste.