Julio Iglesias, wat in 1943 in Madrid, Spanje, gebore is, is die gewildste Latynse kunstenaar in die musiekgeskiedenis met ’n onstuitbare loopbaan van 47 jaar. Hy het reeds meer as 300 miljoen albums wêreldwyd verkoop.

Julio is tans op ’n wêreldtoer en tree in Oktober in Suid-Afrika op. Hy is op 14 Oktober te sien in die Moreletapark-ouditorium in Pretoria, op 19 Oktober in die Grand Arena by GrandWest Casino in Kaapstad en op 23 Oktober in die Carnival City Big Top Arena in Carnival City Casino, Johannesburg.

Die Suid-Afrikaanse sangsensasie Nádine gaan sy voorvertonings behartig.

Kaartjies vir Johannesburg en Kaapstad is beskikbaar by Computicket, en kaartjies vir die Pretoria-konsert via iTickets. Besoek www.starsinsa.co.za vir nog inligting.

WEN

Daar is een van agttien dubbelkaartjies op die spel – ses vir elke konsertlokaal. ’n Dubbelkaartjie verleen toegang aan twee mense.

Skryf so in:

SMS die woord JULIO, jou antwoord op die onderstaande vraag, naam en die stad waar jy graag die vertoning sal wil sien voor 6 Oktober om 12:00 na 35407*.

*Elke SMS kos R1,50.

Vraag: In watter land is Julio Iglesias gebore?

Bepalings en voorwaardes: Die kompetisie is oop vanaf 29 September tot 6 Oktober om 12:00. Elke SMS kos R1,50. Jy moet die wettige eienaar van die selfoon wees of die eienaar se toestemming hê om die selfoon te gebruik. Jy mag soveel keer inskryf as wat jy wil. Werknemers van Media24 en die borg en hul gesinne mag nie deelneem nie. Jy moet die regte antwoord op die vraag instuur om ’n kans te hê om te wen. Wenners word deur ’n lukrake trekking bepaal. Wenners sal telefonies in kennis gestel word. As ons nie binne drie oproepe tydens werkure met ’n wenner kontak kan maak nie, sal ’n nuwe wenner gekies word. Media24 en die borg aanvaar geen verantwoordelik vir skade wat gely word deur in te skryf of aan die wedstryd deel te neem nie. Pryse is nieoordraagbaar en kan nie vir kontant verruil word nie. Die borg is verantwoordelik vir die verskaffing van die prys binne ’n redelike tyd. Die prys sluit slegs die konsertkaartjies in en sluit nie vervoerkoste na en van die konsertsale of verwante onkoste in nie. Met jou deelname aan hierdie wedstryd gee jy toestemming om van tyd tot tyd bemarkingsmateriaal van Media24 te ontvang.