1. Die Volkswagen Golf R het ’n 2,0-liter vier-silinder enjin met ’n turbo-aanjaer.
  2. Kraglewering vir die Golf R is 206 kW tussen 5 500 en 6 200 r/min terwyl wringkrag 380 Nm is tussen 1 800 en 5 500 r/min.
  3. Krag word na al vier wiele van die Golf R versprei.
  4. Vir nou is die Golf R slegs met Volkswagen se sesspoed-DSG-outomatiese ratkas beskikbaar, maar ’n handratweergawe sal vanaf Junie te koop wees.
  5. Dit neem die Golf R net 5 sekondes om van 0-100 km/h te jaag terwyl top-spoed tot 250 km/h beperk is.
  6. Volkswagen maak daarop aanspraak dat die Golf R se gemiddelde brandstofverbruik 6,9 liter/100 km is, terwyl die grootte van die brandstoftenk 55 liter is
  7. Binne spog die Golf R onder meer met leerafwerking, sportsitplekke en ’n raakskerm multimedia-stelsel.
  8. Die bagasieruim is 343 liter.
  9. Die Golf R deel baie van sy tegnologiese- en enjinkenmerke met dié van die Audi S3.
  10. As jy die Golf R wil koop sal dit jou R486 200 kos. Dit is min of meer wat Toyota se FJ Cruiser ook kos of jy kan amper vier Kia Picanto’s koop.

GolfR-2 GolfR-3