Werklikheidster

Jip, voor sy beroemd geword het, was Lucy een van die spelers in American Juniors, ’n voortiener-weergawe van American Idol. Sy was een van die topvyf, wat toe ’n kwintet gestig het.

Baie byname

Die aktrise se byname is Luc, Lucy Ho, Goose en Boots.

Country-klanke

Of jy nou van country hou of dit verpes, jy kan nie stry dat Lucy haar storie ken nie. Haar eerste album, Road Between, word vandeesmaand uitgereik. “Ek droom al hiervan sedert ek ’n klein meisietjie was wat met my haarborsel die liedjies van Faith Hill en Shania Twain voor die spieël gesing het,” sê sy. “Dit was opwindend én vreesaanjaend om myself so bloot te stel met die album, en dit het toe iets opregs geword, iets wat ek trots is om te deel.”

Sirkusmeisie

Sy kan nie net sing en dans nie, sy kan kulkunsies met balle en ander voorwerpe doen. Ons is beïndruk!

Sy is gewaagd

Sy wil donkerder en gewaagder rolle aanpak en sê dit sou “fantasties” wees om in die Fifty Shades of Grey-fliek te speel. Sy sal maar moet wag tot hulle die vervolg maak.

Omgewingsbewus

Sy glo in herwinning en het selfs haar medesterre in PLL oorreed om hul plastiekwaterbottels met metaalbottels te vervang. “Ek dink beslis dit het baie gehelp,” sê die 24-jarige aktrise wat ’n omgewingsvriendelike motor, die Prius, bestuur.

Modepop

Lucy het ’n ding of twee oor mode geleer by PLL se kostuumontwerper, Mandi Line. Van haar gunstelingontwerpers is Marc Jacobs, Dior en Chanel. En op haar lysie van stylikone is Kate Moss, Sienna Miller, Miley Cyrus en Vanessa Hudgens.

Eetversteuring

Lucy het nes haar medester, Troian Bellisario, erken sy het aan ’n eetversteuring gely. Gelukkig het sy geweet sy het ’n probleem en daaraan gewerk om gesond te word.

Reptiel-vrees

Haar grootste vrese is vlieg, slange en spinnekoppe. Gril!

Vampier-mal

Sy is behep met vampiere en het ’n oudisie vir die rol van Alice in Twilight gedoen, maar dit nie gekry nie (Ashley Greene het). Toemaar Lucy, ons dink jy sou fantasties wees.

- Janine Nel

Bronne: wetpaint.com, lucy-hale.org, bettyconfidential.com, teenvogue.com